.
'n Afrikaanse hoekie
Haai, my naam is Maree en ek is 'n amper-verengelsde Afrikaner en woon op die Noordkus van KwaZulu Natal, Suid Afrika.
Ek het lankal geleer dat 'n mens jouself moet wees - na-apery is selfmoord en buitendien, wie is beter of meer interessant as jy self? Ek weet ook dat vir alles is daar 'n teenoorgestelde - binne/buite, bo/onder, wit/swart, negatief/positief en ek het ook al geleer dat 'n mens 'n keuse het en dat daar niks is wat jy ''moet'' doen nie - die ding is net om 'n besluit te neem en dit dan te DOEN. My groot voorliefdes is kuns, diere (veral voëls), die natuur, tuinwerk, die kus, skryf, spoelklippe, kerse, die kleur Oranje, Herfs, Lente, Somer, Winter, rekenaartegnologie, my MAC, kristalle, mense, my Land Rover en die Heelal.
Die toekoms hou wonderlike dinge in vir die mensdom - laat ons dit met vreugde ontvang!
Monday, 7 September 2015
Saturday, 5 September 2015
Eenvoudig en moeite vry
Tuine wat voortdurend aandag verg, word deesdae al skaarser namate mense se vrye tyd kosbaarder word. ’n Groot grasperk, oordadige blombeddings en ’n netjiese, formele uitleg verg nougesette aandag aan detail. Daar is rande om te sny, heinings om te knip, blare om te hark, dooie blomme om uit te breek, struike om te snoei, jaarplante om te saai en uit te plant, bolle om te lig en rose wat bespuit en gesnoei moet word. Ek het my grasperk gedeelte met die helfte verminder, paadjies en nog beddings aangebring en ook van die meeste uitheemse en moeite-vergende blomme en plante ontslae geraak. Om elke jaar bolle te lig en in die lente weer te plant, is nie vir my beskore nie! Net so om plante aan te hou wat elke winter met "frost covers" toe gemaak moet word.
Ek het deesdae ook nie veel sin daaraan om plante wat gepamperlang moet word, aan te hou nie. Die Pachypodium lameri in die middel van bostaande foto was eers in 'n pot, elke jaar 'n groter pot, wat ek jaar na jaar elke winter en elke lente in en uit gedra het om dit teen die ryp te beskerm, totdat ek eendag genoeg gehad het en hom in 'n vol-son kol in die tuin geplant het. Hy het pragtig gevorder vir 'n paar seisoene totdat een partikulêre ysige winter een te veel was vir hom. Hierdie pragtige plant is vanaf Madagaskar en sal hier in Suid Afrika alleenlik in 'n ryp-vrye tuin aard.
Waterbesparing is ook nog ’n rede om jou tuin so te ontwerp dat dit die minimum onderhoud verg en wat gebruik maak van inheemse plante en materiale en strukture wat die minste moeite vereis. Aalwyne en sekere vetplante is baie geskik vir hierdie doel - verg min water en aandag en beloon mens elke jaar met die pragtigste kleur in die tuin.
Daar is selfs skadu-liewende aalwyne wat uitstekend sal groei in half-skadu, soos die pragtige A. zebrina hierbo. Hulle Koraal-pienk blomme lyk pragtig in die skaduwee.
'n Paar interessante wel-geplaasde strukture, potte en groot klippe sal ook interessantheid aan die tuin verleen sonder veel onderhoud of moeite.
Hierdie groot swamme het vanself langs my tuinpaadjie langs die groot klip opgekom en na 'n paar weke was hulle kliphard, soos pottebakkers-sampioene!
(Wikipedia sê 'n Swam of skimmel is enige lid van 'n groot groep eukariotiese organismes wat mikro-organismes soos gis en muf, asook die bekender sampioene insluit. Swamme vorm die koninkryk Fungi, 'n biologiese koninkryk wat apart is van die plante en diere. Een groot verskil tussen plante en swamme, is dat swamme se selle selwande het wat chitien bevat, terwyl plante se selwande sellulose bevat. Hierdie en ander verskille dui daarop dat swamme 'n aparte groep verwante organismes is, die sogenaamde Eumycota of "ware swamme"; 'n groep wat 'n gemeenskaplike voorouer deel. Swamme word dwarsdeur die wêreld aangetref en die meeste is onopvallend vanweë hul klein grootte en strukture, die manier waarop sommige hulself kamoefleer en as simbiote van plante, diere en ander swamme. Hulle kan opvallend word wanneer hulle "vrugte" dra: sogenaamde "sporokarpe", soos sampioene of muf. Swamme vertolk 'n belangrike rol in die ontbinding van organiese stowwe en het fundamentele rolle in die herwinning en verdeling van voedingstowwe in die natuur.)
Hou jou tuin eenvoudig en moeite vry en vol interessanthede en jy sal nooit daardie skuldige gevoel van "O! Ek verwaarloos my tuin!" kry nie!
.
Wednesday, 26 August 2015
Kleur
Kleur maak 'n verskil. Nà 'n asvaal winter word kleur weer van vooraf waardeer. Warm-oranje aalwynblommetjies wat suikerbekkies lok. Donkerpienk, maroon petunias in die pot by die voorste hekkie, 'n welkomgroet aan elke besoeker.
Sagte pienk perskebloeisels wat 'n splinternuwe seisoen aankondig. Om te kan kyk en om te kan sien, dit is 'n seën!
Tuesday, 25 August 2015
Vandag is die dag!
Vandag is die dag dat ek kan huppel en spring, sing en hande klap - my jaar-einde boeke is UITEINDELIK op datum! Halleluja! Julle het geen idee hoe ek liasseerwerk haat nie, haat met 'n passie wat oorweldigend op die krop van my maag sit soos 'n maag sweer. En wat lei tot die uitstel van die boeke-doen-ding, is omdat al die liasseerwerk nie op datum is nie.
Ek stel altyd vir myself 'n doel of datum om dit makliker te maak, maar so ver moontlik in die toekoms sodat ek kans het om aan te pas - ek sal dit begin op die 1st van so-en-so maand en dit sal die EERSTE ding wees wat ek doen voordat ek by die komper gaan sit, ens. ens.
Kom dit eerste van daai maand, is dit (gelukkig!) op 'n Saterdag of 'n Sondag - nou ja, dan kan ek mos maar Maandag begin. Maandae is 'n slegte idee - van die personeel daag nie op nie of daar's 'n krisis van een of ander aard, so dis nie my skuld nie, ek sal dit môre doen...
En ons ken almal die gesegde van "moenie afstel vir môre wat jy vandag kan doen nie", en "van uitstel kom afstel". Wel, sover dit liasseerwerk aangaan, is dit die storie van my lewe...
.
Monday, 24 August 2015
'n Vrolike vers
Rooikopvink
Pienkdun is sy voëltjiebene
fyn porselein onder omkrultone
en blommetjies,
blommetjies die hele wêreld vol
pik-pik hy versigtig aan die saad
om krag te kry,
genoeg krag vir vandag
want hy wil sy vlerke sprei
en vlieg
Elizabeth Kendall ©
.
Lag tog 'n bietjie!
Tussen al die gemorspos wat ‘n mens elke dag kry, is daar party kere een wat die moeite werd is.
Ek kry die ander dag een van vriend A.W. en, met apologie aan die oorspronklike skrywer, wil ek hopelik meer as een persoon vandag laat glimlag!
Hier is twintig maniere om ‘n hoë vlak van geestesgesondheid te handhaaf:
Sit oor jou etensuur met ‘n donkerbril op in jou motor en mik met ‘n haardroër na die aankomende verkeer. Kyk of hulle stadiger ry.
Roep jouself oor die interkom sonder om jou stem te vermom.
Elke keer as jou baas jou vra om iets te doen, vra of hy skyfies daarmee saam wil hê.
Vervang die filterkoffie in die koffiepot vir drie weke met ‘decaf.’ Sodra jou kollegas oor hulle kaffeienverslawing is, hervul die pot met espresso.
Begin al jou sinne met ‘in ooreenstemming met die professie.’
Moenie loop nie. Huppel.
Vra vir mense wat hulle geslag is. Lag histeries sodra hulle antwoord.
Sing kliphard saam by opera-uitvoerings.
Span ‘n muskietnet om jou werksarea en speel die hele dag CD’s met tropiese woudgeluide.
Wanneer jy geld by die OTM trek en dit word uitgereik, skree, “Ek het gewen! Ek het gewen!”
Woon ‘n poësie-aand by en vra na elke voordrag waarom die gedigte nie rym nie.
Laat weet jou gasheer vyf dae voor die partytjie dat jy nie meer kom nie, want jy is nie in die regte bui nie.
Sêtydens aandete vir jou kinders dat jy weens ekonomiese redes een van hulle moet laat gaan.”
Lekker dag vir jou!
.
Lekker dag vir jou!
.
Sunday, 23 August 2015
Lente en Aalwyne
"Aalwyn" potloodskets en waterverf in my Tuin-joernaal - Maree (Aloe ferox) Bitter Aalwyn
Vroeg-winter en die aalwyne begin net blom
Middel-winter en almal is in volle blom
Einde-winter en die blomme is vet en vol nektar
Lente en die Aalwyne is nou vol saad, 'n ware bewys dat lente uiteindelik hier is!
::
.
'n Nuwe seisoen
Die eerste perskebloeisels van hierdie lente. - 22 Aug. 2015.
"Die wêreld is ‘n ontdekkingsreis en die wêreld agter ‘n kameralens is ‘n psalm, ‘n loflied." My psalms en lofliedere het gelukkig nog nie opgedroog nie, dit sal hopelik nooit. Elke seisoen het mos sy eie mooi. Lente is verruklik. Verruklik is baie mooier as "awesome"! Regtig. Ek weet. Elke nuwe dag het sy eie, warm en besondere kleure. “ Ek loop verkyk my daaraan!” sal die Kapenaars sê. En dit gebeur dikwels dat die kleur van elke dag 'n trooskombers is. Ons kan onsself daarin toevou. Dankie tog dat ons kan sien, kan ruik, kan proe, sommer net kan wees. Dankie dat ons te midde van probleme en swaarkry nog kamera-in-die-hand kan rondloop en elke pasella wat direk uit die hemel kom, kan vaslê, kan deel. Foto’s vertel mos stories. Foto’s laat mens onthou. Foto’s laat mens dink. Foto’s neem bly ‘n heerlike avontuur! Geniet dit, geniet jou dag!
Saturday, 22 August 2015
Wat ek by my kleinkinders leer
· Gebruik jou verbeelding !
· Boomklim en kaalvoet loop is pure pret !
· Maak jou eie wysies as jy wil sing !
· Klere hoef nie bymekaar te pas nie !
· Soentjies en drukkies maak alles beter!
Wednesday, 5 August 2015
Bruin skakerings kraak ondervoet
akkerblare konfetti neer
bruin skakerings kraak ondervoet
hemelhoë takke
gryp vergeefs na somer
wat wegtuimel:
arms strek dan uit
na wye herfskoepel
en gee oor aan winterskoonheid
in gestrooptheid -
wag statig
op klein, varsgroen ogies
wat
van lente gaan sing
- Uysie Alberts ©
.
Wednesday, 29 July 2015
Blousyselbos - Vergeet-my-nie (Plumbago)
Daar is ’n koel kalmte aan die massas floksieagtige, sagte blou blommetjies van Plumbago auriculata (blousyselbos) wat wild oor grensdrade en oor mure spoel. Kan daar ’n mooier heiningplant of meer ontspanne struik wees wat so geil blom in ’n warm somer tuin?
Een van my gunsteling plante, die Blousyselbos (Plumbago auriculata) in sy blou vorm, wat ek nie meer het nie, hierdie foto is in my vorige tuin geneem. Dis ‘n bosserige struik en blom vanaf laat-lente tot herfs en maak ’n uitstekende heiningplant. Dit groei beste in ’n sonnige tot semi-skaduposisie en is baie ’water wise’ en voëlvriendelik. Dit word ook gereeld besoek deur skoenlappers en is een van die gasteplante vir die gewone Blou Skoenlapper (Cyclyrius pirithous). Hulle sê die plant weerstaan semi-koue en is ryp-gehard, maar my ondervinding was dat die ryp dit elke jaar tot die grond afgemaai het. Gelukkig herstel dit gou en het elke jaar net groter en groter geword.
Daai stekelrige en harerige gedeeltes wat jy daar sien tussen die blomme is verskriklik taai en hemel verhoed dat jy tussen dit deurkruip (soos ek baie maal gedoen het om die ou gedeeltes uit te snoei), want jy kom daaruit met omtrent die hele bos wat aan jou vassit!
Die Blousyselbos is inheems aan Suid Afrika en kom voor in die Kaap, Oos-Kaap en KwaZulu-Natal asook in Gauteng en aanliggende dele van die Vrystaat en NoordWes Provinsie. Was voorheen bekend as Plumbago Capensis.
As informele heiningplante vir groot tuine is hulle beslis ’n goeie keuse. Die struike sal sonder inmenging van ’n tuinier met groot gemak ’n volwasse hoogte van meer as 3m bereik en 3m breed word. Met minder ruimte en ’n skerp snoeiskêr kan jy die lieflike inheemse blousyselbos ook in klein tuine plant en ’n lae skerp geknipte heining kweek, ’n netjiese spesimen-struik vorm wat ’n onooglike plekkie moet afskerm, of jou selfs oorgee aan die siersnoeikuns en hulle oplei in die vorm van hoogstamboompies. Hulle is ewe mooi in potte as hulle netjies gesnoei word, gereeld met ’n vloeibare misstof bemes word en baie water kry wanneer dit warm is.
Die plant se loof is fyn en saggroen. Die blomme is poeierblou of wit en herinner aan die outydse, suikersoet en taai floksies in Ouma se somertuin waarvan ons as kinders altyd die soet nektar uitgesuig het en oorbelle gemaak het.
DIE BLOM
Ons weet almal van ’n tuin v-o-l blomme,
elkeen sy eie kleur, sy eie geur.
Nou, ons elkeen soek die perfekte blom,
maar ken jy die een,
wat saam met jou huis toe kom?
Sagkens soek,
ek moet versigtig wees ek sien jou raak,
dit moet! jy wees.
Alles wat ek in ’n blom kon kry vind ek in jou,
kom saam my! Doudruppeltjies klein,
en druppeltjies fyn op jou blare,
mooipraat, pyn.
Om jou wortels met my hande gegrawe jou losgemaak,
uit die aarde,
outhede begrawe.
In ’n pot goud jou weer geplant.
Altyd!, sal ek jou water gee vir wind en onkruid,
sal ek sê nee!
Want in ’n huis van glas is waar jy sal bly
vir ewig en altyd, ek en jy!
- Jan Allerman
.
Een van my gunsteling plante, die Blousyselbos (Plumbago auriculata) in sy blou vorm, wat ek nie meer het nie, hierdie foto is in my vorige tuin geneem. Dis ‘n bosserige struik en blom vanaf laat-lente tot herfs en maak ’n uitstekende heiningplant. Dit groei beste in ’n sonnige tot semi-skaduposisie en is baie ’water wise’ en voëlvriendelik. Dit word ook gereeld besoek deur skoenlappers en is een van die gasteplante vir die gewone Blou Skoenlapper (Cyclyrius pirithous). Hulle sê die plant weerstaan semi-koue en is ryp-gehard, maar my ondervinding was dat die ryp dit elke jaar tot die grond afgemaai het. Gelukkig herstel dit gou en het elke jaar net groter en groter geword.
Daai stekelrige en harerige gedeeltes wat jy daar sien tussen die blomme is verskriklik taai en hemel verhoed dat jy tussen dit deurkruip (soos ek baie maal gedoen het om die ou gedeeltes uit te snoei), want jy kom daaruit met omtrent die hele bos wat aan jou vassit!
Die Blousyselbos is inheems aan Suid Afrika en kom voor in die Kaap, Oos-Kaap en KwaZulu-Natal asook in Gauteng en aanliggende dele van die Vrystaat en NoordWes Provinsie. Was voorheen bekend as Plumbago Capensis.
As informele heiningplante vir groot tuine is hulle beslis ’n goeie keuse. Die struike sal sonder inmenging van ’n tuinier met groot gemak ’n volwasse hoogte van meer as 3m bereik en 3m breed word. Met minder ruimte en ’n skerp snoeiskêr kan jy die lieflike inheemse blousyselbos ook in klein tuine plant en ’n lae skerp geknipte heining kweek, ’n netjiese spesimen-struik vorm wat ’n onooglike plekkie moet afskerm, of jou selfs oorgee aan die siersnoeikuns en hulle oplei in die vorm van hoogstamboompies. Hulle is ewe mooi in potte as hulle netjies gesnoei word, gereeld met ’n vloeibare misstof bemes word en baie water kry wanneer dit warm is.
Die plant se loof is fyn en saggroen. Die blomme is poeierblou of wit en herinner aan die outydse, suikersoet en taai floksies in Ouma se somertuin waarvan ons as kinders altyd die soet nektar uitgesuig het en oorbelle gemaak het.
DIE BLOM
Ons weet almal van ’n tuin v-o-l blomme,
elkeen sy eie kleur, sy eie geur.
Nou, ons elkeen soek die perfekte blom,
maar ken jy die een,
wat saam met jou huis toe kom?
Sagkens soek,
ek moet versigtig wees ek sien jou raak,
dit moet! jy wees.
Alles wat ek in ’n blom kon kry vind ek in jou,
kom saam my! Doudruppeltjies klein,
en druppeltjies fyn op jou blare,
mooipraat, pyn.
Om jou wortels met my hande gegrawe jou losgemaak,
uit die aarde,
outhede begrawe.
In ’n pot goud jou weer geplant.
Altyd!, sal ek jou water gee vir wind en onkruid,
sal ek sê nee!
Want in ’n huis van glas is waar jy sal bly
vir ewig en altyd, ek en jy!
- Jan Allerman
Foto vanaf Witkoppen Wildflower Nursery
.
Die langste reis begin met die eerste tree... so sê hulle...
~Foto vanaf Wikipedia~
Daar is soveel bestemmings en ontdekkingstogte om van te kies vir 'n reistog dat dit geweldige beplanning vereis om te besluit waarheen jy wil gaan.
Maar vandag wil ek nie praat oor 'n reistog na Namibië of Switserland of na die bosveld nie - die reistog waaroor ek wil gesels is dié van die ontdekking van jouself - hoeveel van ons weet presies wie of wat ons is? Of wáár ons in ons lewens is? Ken ons onsself en is ons lief vir onsself?
~Foto vanaf Wikipedia~
Soveel mense verlang dat jy jouself op 'n sekere manier moet gedra sodat hulle goed kan voel oor hulself. Hulle veroordeel jou vir jou selfsugtigheid. "Hoe durf jy so selfsugtig wees as om te doen wat jou laat goed voel? Jy moet doen wat ons laat goed voel!"
Jy is van jongs af al oortuig dat jy nie slim genoeg is om te weet nie en dat iemand anders jou besluite moet neem... Jy kon nie in hierdie kultuur en tye leef sonder om massiewe inligting daaraan verwant to ontvang nie, net soos mense reageer op wat jy doen en sê.
Dit maak nie eintlik saak watse geloof enigiemand volg nie. As hulle leefwyse vir hulle werk (en daar is baie verskillende benaderings wat baie goed werk) dan hoekom nie hulle toelaat om te glo wat hulle wil glo nie en te wees wat hulle wil wees nie? Alles werk soos dit is en moet. Daar is gelowe waarmee jy niks te doen sal wil hê nie wat perfek werk vir dié wat daarmee betrokke is. En derhalwe is dit dan 'n goeie ding. Elke geloof op die aarde het die potensiaal om te floreer (en daar is sovele meer as waarvan ons bewus is), maar wanneer jy dink jy moet bewys dat jóu geloof die enigste een is wat reg is—en jy gebruik jou veroordeling om daarteen te veg—dan skei jou veroordeling jou van jou verbinding met jou eie geloof.
~Foto vanaf êrens op die internet~
Die wêreld neig na uitdruklike gelykvormigheid of eenvormigheid, wat enorme ergernis en droefheid vir die mensdom veroorsaak. Dit is die kern van alle geloofsstrydslagte en geloofsstrydslagte is die kern van al ons strydsslae. Met ander woorde, al die oorloë en globale irritasie wat ons met mekaar voer gaan oor ons vasbeslotenheid om gelykheid en eentonigheid te bewerkstellig. Ons demokrasie hou vol dit is die enigste regering wat reg is en elke geloof (interessant genoeg) hou vol dat dit die enigste een is wat werk.
Dit maak nie saak wat enigiemand anders doen nie - wat jou karakter is en waar jy jou bevind in hierdie lewe sal bepaal wat jy is en wat JY doen - Jy kan vrylik kies om nuwe paaie van vreugde te ontdek. In vreugde sal jy groei; en in jou wasdom sal jy bytel tot Alles-Wat-Is. (Ewenwel is jy ook vry om gebondenheid of pyn te kies... maar enige iets wat enigeen kies is omdat hulle glo dat dit hulle beter sal laat voel.)
Niemand kan keer waarheen jy jou gedagtes lei nie. Daar is geen einde aan die vreugdevolle reise wat jy kan ondervind nie. Op die paadjie na jou geluk sal jy alles wat jy wil doen, wees of verlang, ontvang.
(Deur ander hul eie reistog toe te laat, laat jy joune toe.)
.
Friday, 24 July 2015
Winter-vreugde in my hart
Winter is baie spesiaal vir my – ek’s altyd vreeslik bekommerd oor hoe die voëltjies dit gaan deur maak, met die gevolg dat ek elke winter bakke en bakke kos uitsit vir almal en die kraaie in ons omgewig is altyd gou om te snap wat aangaan met al die rond gemalery van voëllewe in die tuin.
Met hierdie “winterskets” van my het ek Liz gevra om ‘my gedagtes’ in vers vas te vang en ek is in ekstase oor hoe raak sy dit gevat het!
’n Oomblik vir Altyd
Blaarloos teen die helderblou
skryf kaal takke bewend’ winterwoorde
my oë volg ’n kraai
wat deur dié ylblou hemel draai
en in die lou son sy sit kom kry
sy vere pikswart teen die grou
van Afrika se winterkou’
ek’s stom
my woorde stol:
selfs dié seisoen van ys en wit
het met vreugde in my hart kom sit
- Elizabeth Kendall©
.
Saturday, 18 July 2015
Saadjies van dankbaarheid
Gister was die koudste dag wat ons nog hierdie winter hier in Gauteng beleef het - 11°C met 'n ysige wind wat murg en been deurdring het. Gauteng het die wonderlikste, gematigste weer in ons land, maar as Moeder Natuur in die Kaap 'n tantrum gooi, ly ons hier daaronder!
Maar die koue weer bring dankbaarheid vir dít wat ek het - 'n warm huis om in weg te kruip, 'n warm koppie tee om te geniet saam met 'n goeie boek en 'n kniekombersie om die bene warm te hou.
.
Sunday, 3 May 2015
Om ‘n tuin te plant is om te glo daar is ‘n môre…
…Blomme laat hul geur na op die hand wat hulle kos gee!
Rattail-kaktus in volle blom
Chondropetalum tectorum
Daar is altyd baie tuinwerk – swaar reëns in ons somermaande kan grond wegspoel of laat vaspak so nou is die tyd om dit liggies met ‘n vurk los te maak en te bedek met ‘n los deklaag.
Die beddings is mooi reg gemaak en kompos bygevoeg
Februarie is die tyd wanneer ek kyk of daar muskiete in die dam, tussen die Varings, ander grootblaar plante en die hoenderhok is. ‘n Paar druppeltjies paraffien of olie tussen die plante sal hulle weghou en niks aan die plante doen nie. Vir die hoenderhok spuit ek ‘n eko-vriendelike muskietdoder.
Om van muskiete in my dammetjie ontslae te raak is ‘n ander saak. Ek kan nie paraffien of diesel gebruik nie, want ek het baie insekte soos Waterskerpioene, Naaldekokers en Waterkewers wat sal omkom as ek die water op hierdie manier behandel. So al genade is om ‘n paar maal ‘n jaar die hele dam leeg te maak, te skrop en vol te maak met vars water. Alle paddas word gevang, in emmers geplaas en later weer terug gesit. Ongelukkig word baie van die Waterskerpioene en -kewers ook uitgespoel, maar vind gewoonlik hul pad weer terug water toe. Die Naaldekoker-nimf is ook darem behulpsaam om die muskietplaag onder beheer te hou.
Geniet jou herfs en winter tuin-takies, maar moenie vergeet om jou tuin te geniet nie!
.
Subscribe to:
Posts (Atom)

























