.
'n Afrikaanse hoekie
Haai, my naam is Maree en ek is 'n amper-verengelsde Afrikaner en woon op die Noordkus van KwaZulu Natal, Suid Afrika.
Ek het lankal geleer dat 'n mens jouself moet wees - na-apery is selfmoord en buitendien, wie is beter of meer interessant as jy self? Ek weet ook dat vir alles is daar 'n teenoorgestelde - binne/buite, bo/onder, wit/swart, negatief/positief en ek het ook al geleer dat 'n mens 'n keuse het en dat daar niks is wat jy ''moet'' doen nie - die ding is net om 'n besluit te neem en dit dan te DOEN. My groot voorliefdes is kuns, diere (veral voëls), die natuur, tuinwerk, die kus, skryf, spoelklippe, kerse, die kleur Oranje, Herfs, Lente, Somer, Winter, rekenaartegnologie, my MAC, kristalle, mense, my Land Rover en die Heelal.
Die toekoms hou wonderlike dinge in vir die mensdom - laat ons dit met vreugde ontvang!
Monday, 25 August 2025
Thursday, 21 August 2025
Aanvaarding en kakiebos
Partymaal gebeur daar dinge in mens se lewe wat jou heeltemal deurmekaar krap en jou laat besef dat vrede baie broos is en sommer net so omver gegooi kan word. Jy wil met alle mag terug beur na hoe dit was voordat jou dag omgekrap is en klou hardnekkig aan die gedagte dat dit wel sal gebeur.
My pa het altyd gesê, as iets jou pla, slaap daaroor, en dis presies wat ek gedoen het. Vanoggend toe ek wakker word toe besef ek dat dit partymaal nodig is om die lewe om jou te aanvaar net soos dit is en die beste van 'n slegte saak te maak.
So tussen hakies, het jy geweet dat, alhoewel kakiebos 'n onkruid is, dit tog baie voordele het? Sit gerus van hierdie plant onder die beddegoed in jou hondehokke en die beddegoed kan selfs met water waarin kakiebos geweek is, gewas word vir langer vlooi- en luisbeheer.
Mag jou dag vreedsaam en gelukkig wees.
::
Subscribe to:
Posts (Atom)



