APRIL 2012
Elke wet wat vandag bestaan, of dit nou geloofs- of sekulêre (wêreldse) wette is, is tot stand gebring omdat ons probeer om ander mense te kry om te doen wat ons sal laat goed voel.
MEI 2012
Die standaard van sukses in die lewe is nie die dinge nie. Dit is nie geld of die goeters nie -- dit is die absolute hoeveelheid vreugde wat jy voel.
JUNIE 2012
JUNIE 2012
As die mensdom kon verstaan dat "wat ek skep het niks te doen met wat enige iemand anders besig is om te skep nie" dan sou ons nie so bang wees vir wat ander mense doen nie.
JULIE 2012
Enige iets wat jy doen om iets te bowe te kom of te verhoed, plaas 'n soeklig op die presiese ding wat jy te bowe wil kom of verhoed. Jy kan nie genoeg aksie neem om te vergoed vir die energie wat jy sal laat vloei nie.
AUGUSTUS 2012
Jy kannie die kers beide kante brand nie
Doen net jou beste om jouself in balans te hou. Een van die eerste dinge wat Energie-gerigtheid versteur is om te veel van jouself te vra. Met ander woorde, jy kannie die kers aan beide kante brand en dan wonder hoekom jy moeg is of nie opgewek voel nie. So die goue reël is, "Ek gaan baie, baie, baie gelukkig wees en dan alles doen waarvoor ek tyd het daarna."
SEPTEMBER 2012
Bewustheid geniet fisiese vorm. Bewustheid het nie fisiese vorm nodig nie, maar fisiese vorm het bewustheid nodig. En Bewustheid geniet fisiese vorm, want fisiese vorm is die vernaamste gedeelte van gedagte. So Bewustheid neem toe deur fisiese vorm. Dis nie een of die ander nie.
OKTOBER 2012
Maak vrede met geweldadige oorvloed
Jy is meer geneig om 'n hoër vibrasie te hê en meer oorvloed aan te trek is jy geld uit die element te los. Nie omdat geld "die wortel van alle kwaad" is nie, maar omdat dit gewoonlik jou vibrasie ontstel.
NOVEMBER 2012
"Hoe, waar, wanneer, wie" stel 'n teenoorgestelde vibrasie
Wanneer jy praat oor wat jy wil hê en hoekom jy dit wil hê is daar gewoonlik minder weerstand as wanneer jy praat van wat jy wil hê en hoe jy dit gaan kry. Wanneer jy vrae stel waarvoor jy nie antwoorde het nie soos hoe, waar, wanneer en wie, veroorsaak dit teenoorgestelde vibrasies wat alles stadiger maak.
DESEMBER 2012
Vir genesing, vind iets om oor goed te voel
Vind iets om oor goed te voel, staan eenkant en laat jouself toe om te ontvang waarvoor jy gevra het. Dit is die sleutel tot genesing.
JANUARIE 2013
Emosies is omtrent jou persepsie van vryheid
Elke emosie, van ellende al die pad tot by vervoering; van totale Verbinding met wie-jy-regtig-is tot waar jy jouself heeltemal afsluit van jou Verbinding, al daardie emosies gaan oor jou persepsie van vryheid, of jou persepsie van gebondenheid—elke liewe een van hulle.
FEBRUARIE 2013
Dit maak alleenlik saak wat JY doen
Dit maak nie saak wat enigiemand anders met hul vibrasie doen nie, dit maak alleenlik saak wat jy doen. Jy kannie iets begeer—en opmerk dat jy dit nie kry nie—sonder om twee teenoorgestelde vibrasies te offer wat dit dan nie laat inkom nie.
Augustus 2014
Afwagting laat ontvangs toe
::