Omtrent my

Haai,
Ek is Maree Clarkson. 


Ek is ‘n waterverfskilder en ‘n student van die Natuur en woon op die Noordkus van KwaZulu Natal, Suid Afrika. Ek is verlief op die lewe, tuinmaak en inspirerende mense. Ek sê gereeld dankie vir alles, is baie vroeg op in die oggende en glo daaraan om te vergewe – dit vat gans te veel energie om kwaad te bly!

Ek glo in die mooi van drome. Sonder drome het ons niks om na vooruit te sien nie, is dit soos 'n kaal veld sonder bome of blomme. Streef jou drome na en glo in jou hart dit kan waar word, want dan mag dit dalk net uitwerk soos wat jy gewens het.

Die lewe is 'n alewige gesoek na betekenis, skoonheid, avontuur, saligheid. Ek kom na hierdie plek om almal te ondervind, en weet jy wat? Ek is SO bly jy is ook hier!