Showing posts with label afrikaanse taal. Show all posts
Showing posts with label afrikaanse taal. Show all posts

Monday, 24 August 2015

Lag tog 'n bietjie!


Tussen al die gemorspos wat ‘n mens elke dag kry, is daar party kere een wat die moeite werd is.
Ek kry die ander dag een van vriend A.W. en, met apologie aan die oorspronklike skrywer, wil ek hopelik meer as een persoon vandag laat glimlag!

Hier is twintig maniere om ‘n hoë vlak van geestesgesondheid te handhaaf:

Sit oor jou etensuur met ‘n donkerbril op in jou motor en mik met ‘n haardroër na die aankomende verkeer. Kyk of hulle stadiger ry.

Roep jouself oor die interkom sonder om jou stem te vermom.

Elke keer as jou baas jou vra om iets te doen, vra of hy skyfies daarmee saam wil hê.

Vervang die filterkoffie in die koffiepot vir drie weke met ‘decaf.’ Sodra jou kollegas oor hulle kaffeienverslawing is, hervul die pot met espresso.

Begin al jou sinne met ‘in ooreenstemming met die professie.’

Moenie loop nie. Huppel.

Vra vir mense wat hulle geslag is. Lag histeries sodra hulle antwoord.

Sing kliphard saam by opera-uitvoerings.

Span ‘n muskietnet om jou werksarea en speel die hele dag CD’s met tropiese woudgeluide.

Wanneer jy geld by die OTM trek en dit word uitgereik, skree, “Ek het gewen! Ek het gewen!”

Woon ‘n poësie-aand by en vra na elke voordrag waarom die gedigte nie rym nie.

Laat weet jou gasheer vyf dae voor die partytjie dat jy nie meer kom nie, want jy is nie in die regte bui nie.

Sêtydens aandete vir jou kinders dat jy weens ekonomiese redes een van hulle moet laat gaan.”

Lekker dag vir jou!

.

Tuesday, 17 June 2014

Lied van die natuur

'n Paar woorde in een van my Natuur-Joernale... 

Om 'n Natuur-joernaal aan te hou is een van die groot vreugdes in my lewe. Hier bewaar ek herinneringe uit my tuin en die natuur, maak ek notas van belangrike dinge en gebeurtenisse en gee ek vrye teuels aan my gedagtes en verbeelding. Mooi natuur-gedigte word hier vasgeplak tesame met sketse, mooi prentjies en drome. 

:: 

Luister na die geluid van reëndruppels op ‘n sinkdak 
Die lied van paddas wat saamsing in ‘n koor 
Luister hoe die wind ‘n boom laat kreun en kraak 
Dis die lied van die natuur wat jy daar hoor

Daar is musiek oral om ons heen
En al wat jy moet doen is om te luister
Somtyds die ore spits
Want baiemaal is die liedjie net ‘n fluister
Soos ‘n bries wat speel oor ‘n koringland
‘n Kriekekoor op ‘n warm someraand
Luister laat die geluide jou bekoor
Want dis die lied van die natuur wat jy daar hoor

Aan die punt van die vallei hoog in die berge 
Woon daar ‘n eggo alleen in ‘n klipspelonk 
Elke liedjie wat hy hoor sal hy uitkoggel 
Hy doen dit meesterlik vanuit sy tronk 
Gesing deur : Laurika Rauch. Woorde en Musiek: Johan Wessels (Kupido) 

::



 .

Friday, 9 May 2014

Stap 'n myl in my skoene...

Foto vanaf 'Spel & the Gypsy'

en ek sal vandag 'n myl in jou skoene stap en verstaan...

.