Showing posts with label afrika. Show all posts
Showing posts with label afrika. Show all posts

Saturday, 9 July 2016

'n Afrika collage


BOSVELDDROME
Waar haak-en-steek in louwarm
Bosveldstilte groei
en volstruise agie-grootoog
verby ons venster loop
daar trek my hart ’n punt
Ek wil weer tarentale hoor
patrys en vink
wat stukke sonlig soggens drink
en by die groot maroelaboom
of langs ’n kanniedood
wil ek die stofpad ruik
ek wil die appelbaar hoor praat
die huilboerboon se skadus
oor my skouers vou
as ek verlang na jou
en saans onder ’n sterrekombers
wil ek lê-luister na jou warm woorde
jou liefhêlied-akkoorde
ek wil dit vasbind aan my lyf
en jubelsange daaroor skryf
- Elizabeth Kendall©

Tuesday, 5 July 2016

Afrika Wildehond


Waterverf op Ashrad 200gsm – 8.5″ × 12″ - ©Maree Clarkson

Die wildehond (Lycaon pictus) is ’n karnivoor en soogdier uit die familie Canidae. Wildehonde kom slegs in Afrika voor, veral in struikvelde en ander lig beboste gebiede. Dit is die enigste spesie in die genus Lycaon. ’n Volwasse wildehond het ’n gemiddelde massa van 25 kg en ’n hoogte van tussen 60 en 75 cm. Wildehonde jag normaalweg in troppe: die prooi word gejag en in die hardloop verskeur.
.
Die wyfie is telkens vir twee maande dragtig en skenk dan gewoonlik in die winter geboorte aan twee tot ses kleintjies. ’n Wildehond het ’n moontlike lewensduur van tien jaar.