Die mensdom se ingebore
bewustheid van individualiteit sit aan die hart van alle internasionale
rebellie. Kyk na die onrus in die Middle Ooste en dink dan wat sal gebeur as
alle partye kan sê, en dit bedoel,
"Jy dink anders as ek, maar ek moedig individualiteit aan..."
in plaas van "Ek is bang vir waaraan jy glo, want dit kan dalk my geloof
aantas...".
Die mensdom probeer
individualiteit onderdruk, maar dit sal nooit gebeur nie. Op die
oomblik wanneer jy, as 'n individu,
jy as 'n geloof of regering, begin om individualiteit aan te moedig, sal al die
onrus bedaar. Moenie jou bekommer wat ander doen nie, of waarin hulle glo nie, dis nie deel van jou realiteit nie. Al wat jy moet doen is om jou eie realiteit te skep.
'n Aanmoediging van
individualiteit moet binne elke individu gebeur aleer enigiemand vervulling
gaan ondervind in hierdie uiteenlopende Heelal waarvan ons almal deel is.
.
