Die oomblik wat jy inmeng met wat enigiemand anders doen, dan tart jy die Wette van die Heelal. Dit kannie gedoen word nie. Ons is 'n ontwikkelende Heelal. Dit is nie jou werk om enige iets te beheer of stop te sit of te onderdruk of van ontslae te raak of 'n bom daarop te laat val nie... Dit is nie jou werk om die dinge wat jy nie wil hê teen te werk nie. Jou werk is om toe te laat dat daardie dinge wat jy nie wil hê nie, jou die helderheid gee om te weet wat jy wil hê en dan vibrasionele vrede daarmee te vind.
Dan, soos 'n magneet, word jou wêreld 'n wêreld wat net toegang het tot daardie dinge wat jy besluit het jy wil hê. In geen opsig onderdruk of stop jy iemand anders om te lewe soos hulle wil lewe nie, jy beheer en skep net jou eie realiteit.
.