Sunday, 17 July 2016

Dis Bosveld mooi


W&N waterverf op Bockingford 300gsm en Stabilo FinePoint swart pen - ©Maree Clarkson

Daar waar die Bosveld Loerie
skugter vir my loer -
Sit ek in die skadu
van ’n wilde vyeboom…

’n Mierleeu wag in sy tregter wip…
geduldig op sy prooi -
onverwags, verseker, ongenooi…

DIT IS WONDERLIK !
DIS BOSVELD MOOI …
As die son vassteek
in ’n droë doringboom se mik

’n Ystervak pen vertel ’n storie
van ’n Jakkals se spoor ~
Pynlike onderonsie
in ’n tipiese krygverhoor …

Vlinders oor die gras probeer
vergeefs die stilte breek ~
maar dis ’n geskenk van môre
aan my dankbare siel …

DIT IS WONDERLIK!
DIS BOSVELD MOOI …
As die son vassteek
in ’n droë doringboom se mik

Met ’n vlerk klapgeluid
spring ’n sprinkaan voor my uit -
’n druppel dou
aan ’n spinnerak
die veld
se diamant…

’n Voetpad kronkel skuins na bo,
Waar die Koedoes rustig wei …
ongerepte skoonheid,
vry …

DIT IS WONDERLIK!
DIS BOSVELDMOOI ..
As die son vassteek
in ’n droë doringboom se mik…
~ Uit DOZI se Album “Kruispad”