Thursday, 28 January 2016

Wees lief vir jouself

''Jy kannie 'n ander liefhê totdat jy jouself waarlik liefhet nie.''

 
Tot in my dertigs het ek nooit veel aandag gegee aan wat hierdie gesegde eintlik bedoel nie. Ek het van een aktiwiteit na 'n ander beweeg, probeer om 'n leemte wat daar was te vul maar ek het nie geweet hoekom nie. Ek het altyd probeer om in te pas, probeer dat almal van my hou, probeer om almal se goedkeuring weg te dra. 

Derhalwe het ek nooit die tyd geneem om agter te kom wat spesiaal en uniek omtrent myself was nie.

Self-liefde is 'n vibrasie.
As ek myself lief het en ek dink ek is cool, dan wys dit. As ek skaam voel oor wie ek is, of as ek fokus op wat ek 'moet doen' of wat ek 'moet wees', dan wys dit ook.

As jy al ooit in die teenwoordigheid van iemand was wat baie self-bewus is, sal jy weet wat ek bedoel.

Ek was eers daardie persoon.

Ek was so behep met hoe ek lyk aan die buitekant, wat eintlik net 'n weerspieëling was van hoe ek binne gevoel het, dat ek seker baie self-betrokke voorgekom het.

Ek kon nêrens behoorlik teenwoordig wees nie, en ek is seker almal om my het gedink ek is nie in hulle geïnteresseerd nie - wat nie so was nie.

Ek was net ellendiglik ongemaklik in my eie vel.

"Ons is almal gebore met een ware liefde... onsself. As jy jouself liefhet, dan sal almal!"

Die fokus van hierdie artikel is Self-Liefde en verduidelik maniere om op jouself verlief te raak en maniere om daardie liefde uit te spreek.

Miskien is jy soos ek en sien die skoonheid in ander mense. Ek hoop nadat jy hierdie artikel gelees het en rond gespeel het met die verskillende konsepte, jy jou eie unieke betowering net so maklik sal sien!

Stap Een:
Wat vind jy innemend omtrent jouself? Wat het jy lief omtrent jouself?

Dalk het jy hierdie vraag nog nooit voorheen gehoor nie. Jy sal dalk liewer wil dink, "Wat kan ek verbeter omtrent myself?" maar ons bêre dit eers tot later. . Elkeen van ons is uniek op betowerende maniere. Sommige van ons besit fisiese skoonheid, sommige is artisties, sommige het die IK van 'n genie, sommige is ontsettend sterk, ens. Sommige van ons het miskien "minder duidelike" eienskappe, maar op 'n aardse vlak speel elkeen van ons 'n belangrike rol met die kwaliteite wat ons verpersoonlik.

Ons is spesiaal. Ons almal word benodig. Ons is betowerend!

Neem 'n oomblik en skryf neer wat jy omtrent jouself lief het.

1. .........................................................................

2. .........................................................................

3. .........................................................................

4. .........................................................................

5. .........................................................................

6. .........................................................................

7...........................................................................

8. .........................................................................

9. .........................................................................

10. .........................................................................

11. .........................................................................

12. .........................................................................

13. .........................................................................

14. .........................................................................

15. .........................................................................

Loop na die spieël, kyk diep in jou oë en sien of daar iets is wat jy tot nou nie opgemerk het nie. Vra 'n getroue vriendin vir hulp. Dink aan 'n tyd toe jy regtig vol self-vertroue gevoel het en skryf daaroor. Dink aan jou 'snaaksighede' wat jou vir jouself laat lag. Jy het vele wonderlike fasette - sien hulle raak!

Dra hierdie lys vir 'n paar dae saam met jou, en elke keer as jy jouself inspireer met jou uniekheid, sit dit by jou lysie. .

Teken aan enigiets wat jou aandag trek omtrent jouself... miskien laat jy altyd iemand voor jou gaan in verkeer, miskien glimlag jy vir vreemdelinge, miskien haal jy kwotasies aan in gesprekke en laat almal dus lag.

As jy dink aan Die Wet van Aantrekkingskrag wat sê, "ewebeeld trek ewebeeld", as jy jouself ten volle lief het, sal dit weerspieël word in diegene met wie jy in aanraking kom.

Ek neem aan hierdie is 'n moeilike taak vir meeste mense. Ons word dikwels geleer om nie ons eie beuel te blaas nie. Ek kan jou verseker niemand het nog 'n arm gebreek deur hulself op die rug te klop nie!

Die doel van hierdie oefening is om maar net te begin. Ek glo dat teenwoordigheid 85% van alles is.

Wees teenwoordig vir jouself deur jouself lief te hê. Begin vandag!

Stap Twee: 
Werk liefdevol met enigiets wat in die pad staan van totale, passievolle Self-Liefde. . As jy dalk in jou spore gestop is deur Stap Een, ondersoek dit 'n bietjie meer. Vra jouself, "Wat staan in die pad van om myself totaal lief te hê?" en vereer dit wat te vore kom.

Dis dalk net 'n ou oortuiging in jou onder-bewussyn - dalk is dit iets groter.

Vir my, voordat ek pens en pootjies in self-liefde kon induik, was dit dat ek eers my eie storie moes verstaan, wat 'n trauma van my kinderdae ingesluit het en wat ek onderdruk het. Totdat ek dít erken het, en derhalwe opgeklaar het, het ek soos 'n halwe persoon gevoel, wat sin maak aangesien daar so 'n groot stuk van my lewe weg was.

As iets vir jou tevore kom, klein of groot, kry ondersteuning vir jouself. Dit help geweldig met die opklaring van ongedane sake van die verlede.

Stap Drie:
Vier Self-Liefde met Self-Sorg.

As jy 'n geliefde in jou lewe het, is ek seker jy het vir hulle 'n geskenk of kaartjie gekoop vir 'n spesiale geleentheid. Doen jy dieselfde vir jouself?

Self-sorg is 'n verpligtende stap in enige poging of strewe. As jy dit oorslaan, dan gaan dinge gewoonlik verkeerd.

Sonder self-sorg kan jy eenvoudig net nie teenwoordig wees vir ander mense of verpligtinge nie. .

Dit is hoekom die lugrederye aanbeveel dat JY eerste jou suurstofmasker aansit voordat jy andere probeer by staan. As jy nie kan asemhaal nie, kan jy dood eenvoudig niks anders doen nie.

Dink aan alles wat jy vir almal doen. As jy kinders het, dan weet jy die liefde wat jy voel en tot watter lengtes jy sal gaan vir hulle.

Nou gaan tot dieselfde lengtes vir jouself.

Dis hoe eenvoudig dit is!

Wanneer jy jouself lief het en jouself uitstekend versorg, vibreer dit uit na ander. Jy sal gloei! Jy sal reverbireer! Jy sal inspireer!

Mense sal vra, "Wat is anders omtrent jou?" Vertel hulle asseblief!

Wees van diens deur almal te laat weet hoe lief jy vir jouself is. Leer hulle hoe. Hoe meer liefde daar op die planeet is, hoe meer vrede sal daar wees.

Om af te sluit, los ek by jou hierdie inspirerende woorde van Marianne Williamson, wat baie spesiaal vir my is. Ek hoop dit inspireer jou om vandag jou Self-Liefde te ontwikkel en uit te brei en jou eie unieke prag te betree!
- Maree

Let Your Light Shine
Our deepest fear is not that we are inadequate.
Our deepest fear is that we are powerful beyond measure.
It is our light, not our darkness, that most frightens us.
We ask ourselves, who am I To be brilliant, gorgeous,
Talented and fabulous?
Actually, who are you not to be?

You are a child of the Universe.
Your playing small doesn't serve the world.
There is nothing enlightened about shrinking
So that other people
Won't feel insecure around you.
We were born to make manifest
The glory that is within us.
It's not just in some of us; it's in everyone.
And as we let our light shine,
We unconsciously give other people
Permission to do the same.
As we are liberated from our own fear,
Our presence automatically liberates others.
- Marianne Williamson

.

Monday, 25 January 2016

Neem 'n besluit



Goeie dag vanaf Oorvloed!

Vandag wil ek praat oor 'n paar besluite wat ons moet neem om ons lewe op dreef te kry - dis so maklik om die klein dingetjies wat pla sommer maar net so te los vir môre of 'een of ander tyd', en my pa het altyd gesê  "moenie afstel vir môre wat jy vandag kan doen nie".

Neem 'n besluit om ...

... NOOIT OP TE GEE NIE
Elke dag moet jy n keuse maak: gaan ek n oorwinnaar of n slagoffer wees? Om probleme te bowe te kom begin dus by ’n keuse! Ek moet die besluit neem dat ek wíl wen en gaan volhard om my doel te bereik – ongeag wat my omstandighede mag wees.

... ALLEEN DIE MAS OP TE KOM
Bevind jy jouself in n situasie waar jy alleen voel en nie weet hoe om die eise te hanteer nie? Jy moet verstaan dat niemand jou gaan red nie, en dat jy self beheer sal moet neem. Probeer om jou emosies te verstaan. Is dit eensaamheid, ’n strewe na perfektheid of dalk skuldgevoelens wat jou onderkry? Of is dit ’n konkrete probleem soos onvoldoende finansies, te min tyd of geen ondersteuning nie?

Sodra jy bepaal het wat die probleem is, moet jy jouself afvra hoe jy beheer hieroor kan neem. Probeer wyer kyk as net die voor-die-hand-liggende. Soms, as ons objektief na ’n situasie kyk, vind ons dat die oplossing reg voor ons oë is. Beplan stap-vir-stap hoe jy by ’n beter plek gaan uitkom en moenie moed opgee tot jy dit regkry nie.

Moet ook nie vergeet dat jy nooit alleen is nie selfs in jou moeilikste tye is daar Iemand met oop arms, gereed om jou te vertroos en te dra.

... KRITIEK BETER TE HANTEER
Meeste van ons is skuldig daaraan dat ons ander mense se kritiek kop toe vat. Dit kan so erg raak dat jy al die positiewe uitsif en nét die negatiewe agterhou en daarop fokus. Dit word die maatstaf waarteen eiewaarde gemeet word.

Al is kritiek nooit lekker nie, is daar dinge wat jy kan doen om dit beter te hanteer:

•    Neem n wilsbesluit om nie onmiddelik op die kritiek te reageer nie. Tree terug sodat jy nugterder na die kritiek kan kyk.

•    Kritiek moet op gedrag, nie op n persoon nie, gemik wees. As iemand persoonlik raak, versoek ’n fokus op die gedrag wat onaanvaarbaar is.

•    Onthou dat ervaringe uit jou verlede n rol kan speel in hoe jy kritiek hanteer (byvoorbeeld die invloed van ’n baie kritiese ouer).

•    Skryf die kritiek neer en slaap eers daaroor.

•    Maak seker of die kritiek waar is en neem verantwoordelikheid vir dit waaroor jy beheer het. Vra iemand wat jou goed ken, se mening.

•    Sien dit as n geleentheid om te leer van jou eie “blindekolle” en kwesbaarhede en te groei in jou menswees.

... DAAI SLEGTE GEWOONTES AF TE SKUD
Elkeen van ons het een of ander slegte gewoonte – te veel eet, rook, wat ook al – wat ons wil afskud. Onthou net, gewoontes vorm gewoonlik geleidelik, daarom sal dit tyd neem (drie tot ses weke) om te verander, maar dit is moontlik deur hierdie stappe te volg: Maak ’n keuse om dit te wíl doen. 

* Verander jou “binnepraat”, want solank jy dieselfde goed vir jouself sê, sal jy outomaties dieselfde goed doen. 
* Visualiseer hoe jy dit regkry om die nuwe gedrag uit te leef. Hoe duideliker jy dit kan visualiseer, hoe groter is die kans dat jy sal volhou. 
* Gee vir jouself erkenning elke keer wat jy suksesvol die ou gewoonte oorkom. 
* Dit help baie indien iemand anders weet wat jy probeer bereik en as ’n ondersteuningstelsel kan optree. 
* Sit ’n prentjie, aanhaling of grafiek êrens op waar jy dit elke dag kan sien om jou te herinner aan dit wat jy wil bereik. Dit moet die positiewe nuwe gedrag of gewoonte voorstel.

Onthou, jy kan die ou gewoonte verander as jy dink jy kan!

... N KLA-KOUS OP SY OF HAAR PLEK TE SIT
Die beste manier om van n kla-kous ontslae te raak, is om te begin kla voordat sy die kans kry. Kan jy jou haar skok indink as jy wegtrek met: “Ja jong, die land is besig om in die afgrond te versink. Een van die dae gaan ons soos Zimbabwe opeindig. Die petrolpryse is verskriklik, die voedselpryse is angswekkend ... Ons gaan dit nie maak nie, veral nie met al die klakouse rondom ons nie”.

Ek is seker die persoon sal vir ’n oomblik heeltemal vergeet wat rondom haar aangaan. Jou laaste stelling behoort haar skok in saamstem te verander, en dit behoort haar tot nadenke te bring.

Die waarheid is dat almal maar n geneigdheid het om so nou en dan te kla. Dis geoorloof as jy die volgende reël toepas: Jy mag net drie keer oor dieselfde ding kla. Doen dan iets om die situasie te verander, of besef dat jy niks daaraan kan doen nie en kom oor dit (met ander woorde, hou op kla daaroor!) Wat help dit in elk geval?

... JOU DROOM TE BEWAARHEID
Moenie dat jou drome wensdenkery bly nie ontwikkel ’n duidelike prentjie daarvan. As jy nie weet wat jou droom is nie, sal jy mos nooit daarby uitkom nie. Skryf jou droom neer en sien in jou gedagtes hoe dit stapsgewys ’n realiteit word.

Gaan oor tot aksie, anders sal jou droom doodgebore wees. Iemand het eenmaal gesê die beste manier om jou drome waar te maak is om wakker te word! Min mense het die moed of wil om daardie warm plekkie te verlaat en moue op te rol om te begin werk. Dit gaan beplanning (’n vaste doelwit het ’n spertyd), innerlike motivering en toewyding kos. Maar hou jou oog op die einddoel.

Jy moet uit die staanspoor weet dat daar terugslae gaan wees op pad na die vervulling van jou droom. Glo in jouself en weet dat jy tot alles in staat is deur Christus wat jou krag gee.

... VREDE TE MAAK MET DIE OUDERDOM
Dit voel soos gister toe jy 20 was! Maar die liggaam wat protesteer as jy trappe klim, die wilde grys haar wat uit die niet verskyn en die fyn lagplooitjies om jou oë verklap dat jy definitief nie meer 20 is nie.

Vrede met jou ouderdom begin by die vrede wat jy ervaar oor die lewe wat jy tot dusver gelei het en die hoop en drome wat jy vir die toekoms het; die vermoë om in die “nou” te leef en elke oomblik te koester. Jou verantwoordelikheid is om die beste “jy” te wees gegewe dit wat jy ontvang het. Deur na jou liggaam te kyk en reg te eet, genoeg te slaap, te oefen en te ontspan en dikwels met oorgawe te lag, kan jy van binne straal – en dít oorskadu gewoonlik meeste tekens van die ouderdom.

... TE SÊ HOE JY VOEL SONDER OM SEER TE MAAK
Vra jouself hoekom jy seergemaak voel. Dalk het dit nie te doen met dit wat die ander persoon gesê of gedoen het nie, maar met ’n seer uit die verlede waarmee jy nie gedeel het nie.

Solank jy bly by hoe jý voel sonder om die ander persoon te beskuldig, is jy op die regte pad. Vermy uitdrukkings soos “Jy het my gevoelens seergemaak” of  “Jy het my beledig toe jy gesê het ...” Sê eerder: “ Ek het seergemaak gevoel toe jy ...” of “Ek het beledig gevoel toe jy ....” Dit neem onmiddellik die fokus weg van die ander persoon en plaas jou gevoelens op die tafel.

Onthou, ander maak ons nie seer nie; ons kíés om seergemaak te voel.

Soms sê en doen mense dinge uit onkunde. Vind eers kalm uit wat die persoon se bedoeling was, haal diep asem en verduidelik dan presies hoe jy oor dinge voel.
 
... NIE OOR ALLES TE STRES NIE
Vir baie vroue het kommer ’n leefwyse geword. Selfs klein dingetjies veroorsaak dat hulle angstig en gespanne raak. Hulle vra heeltyd die vraag: “Wat as ...”

Die realiteit is dat daar dinge in die lewe is waaroor ons geen beheer het nie. Dit maak nie ’n verskil hoeveel jy daaroor stres nie – dit gaan in elk geval gebeur! Deur chronies bekommerd te wees oor jou man en kinders beperk jy uiteindelik jou eie vermoë om jou emosies te hanteer.

Die hartseer is dat ons onsself moeg maak deur bekommerd te wees oor dinge wat meestal nooit gebeur nie. Ons mors al ons emosionele energie daarop.

Sit terug, haal diep asem, aanvaar die feit dat dinge soms verkeerd loop, hanteer dit soos dit kom en probeer om nie al jou tyd en energie te vermors op bekommernisse waaraan jy in elk geval niks kan doen nie.

... DIE TRAUMA VAN GEWELD TE HANTEER EN TE OORKOM
Jou eerste gewaarwording is verlies. Iemand het jou persoonlike spasie binnegedring, jou lewe bedreig en jou besittings geneem. Die skok het ook ’n groot impak op die chemiese balans in jou brein en kan die funksionering daarvan nadelig beïnvloed.

Dit is belangrik om nie in n negatiewe spiraal vasgevang te word nie. Probeer om nie die groter prentjie mis te kyk nie. Kies om doelbewus te soek na positiewe dinge. Waak daarteen om nie jouself te isoleer nie. Omring jou met mense wat realisties positief is en daar is vir jou. Gee jouself kans om deur die trauma te werk. Moet dit nie onderdruk en aangaan asof niks gebeur het nie, anders gaan jy later, met baie meer moeite, jou emosies moet hanteer.

Dit kan ook help om met n professionele persoon te praat of joernaal te hou van jou emosies.

Kom ons neem daardie besluite VANDAG en mag ons reistog genotvol wees!

Groete,

MAREE

Tuesday, 5 January 2016

Waarom straat



Ek vind myself soms wandel, op 'n ou bekende pad.
Die straat se naam is Waarom,
op die doodloopstraat Vir Wat.
.
Dan vra ek goed soos hoekom,
hoekom nou juis ek?
Wat gaan ek ooit bereik,
behalwe daardie ses-voet-onder plek?
.
En na 70 jaar van harde werk, my prys... grys hare.
gebreekte skaniere en geheue verlies van my vroeë jare.
En toe ek so eendag wandel, kom 'n gawe man nader,
met klomp van daai sakkies wat ons as kinders kon vergader.
.
Daar was sakke vol 'geluk' en tasse vol 'vreugde',
eienaardig genoeg daar was geen 'teleurstel' of 'vrese'.
Op sy gesig, 'n glimlag wat spontaan ontwaak.
En wonder ek in stilte wat hy met als wil maak.
.
Die man het geen rykdom - die sien ek aan sy drag,
maar sy breë glimlag, 'n oase van sy mag.
En so uit die bloute sê die ou: jy mag ook maar kry,
siende hoe meer ek gee... sewe maal kry ek altyd weer.
.
En vir daardie straat is ek dankbaar, my antwoord is ontdek.
Soms wandel ons in strate, op ons eie verdwaalde plek.
Maar dis in hierdie strate wat ek vind, ek myself weer ontdek.
En my vreugde en vervulling is om ook weer te gee,
want in gee vind ek ook my vreugde elke keer weer en weer.

.

Friday, 1 January 2016

Hierdie is 'n Tyd van Ontwaking



Hierdie is 'n tyd wanneer die mensdom, meer as ooit te vore, in staat is om vibrasionele gerigtheid te vind met hulle eie begeertes—in hulle eie tyd/spasie realiteiten te begin manifesteer dít wat vorige generasies drie of vier of tien generasies geneem het om te manifesteer. Die vorige generasies het allerhande kontrasterende ondervindings gemanifesteer waardeur ons vandag baat vind.

Hulle het geboorte gegee aan hulle begeertes, maar omdat hulle so vasgevang was in die vibrasionele patrone en kondisies van hulle tyd, het min van hulle hulself toegelaat om voordeel te trek uit hulle eie begeertes.

Maar vandag wéét ons, verstaan ons, dat dinge nie net toevallig gebeur nie. Ons verstaan dat, deur die gedagtes wat ons dink, trek ons sekere dinge na ons aan, goed en sleg, en alles wat ons ondervind het gewoonlik 'n les wat gepaard met dit gaan en dis hoe ons verder vibrasioneel ontwikkel en verbeter.

.

Voorspoedige Nuwe Jaar 2016

♥ ♥ ♥ ...•*¨*•♫♪♥
╬═♥╬
╬♥═╬
╬═♥╬ Volg jou hart hierdie jaar! ♥
╬♥═╬
╬═♥╬♪♫ •*¨*•... ♥ ♥ ♥

.
.