Haai, my naam is Maree en ek woon op 'n 8.5ha kleinhoewe, my stukkie Afrika-aarde in Tarlton, Suid Afrika, saam met my wederhelf, verskeie geveerde vriende en Jacko, my Foxterrier x wat nie weet hy's 'n hond nie.
Ek het lankal geleer dat 'n mens jouself moet wees - na-apery is selfmoord en buitendien, wie is beter of meer interessant as jy self? Ek weet ook dat vir alles is daar 'n teenoorgestelde - binne/buite, bo/onder, wit/swart, negatief/positief en ek het ook al geleer dat 'n mens 'n keuse het en dat daar niks is wat jy ''moet'' doen nie - die ding is net om 'n besluit te neem en dit dan te DOEN. My groot voorliefdes is kuns, diere (veral voëls), die natuur, tuinwerk, die kus, skryf, spoelklippe, kerse, die kleur Oranje, Herfs, Lente, Somer, Winter, rekenaartegnologie, my MAC, kristalle, mense, my Land Rover en die Heelal.
Die toekoms hou wonderlike dinge in vir die mensdom - laat ons dit met vreugde ontvang!
Deesdae dink ek baie aan luister. Hoe sleg ons dit doen, hoe alles meer lawaaierig word, hoe ons verby mekaar praat, selfs met onsself. Ons het vergeet hoe om alleen te wees met stilte.
Friday, 20 December 2013
Bevry jouself
Partymaal moet jy alles laat gaan - heeltemal skoonmaak en reinig. As jy ongelukkig is met iets - wat ookal dit is wat jou onder kry, raak ontslae daarvan. Want jy sal vind dat, wanneer jy vry is, jou ware kreatiwiteit, jou ware self, na vore tree.
Jou filosofie word nie die beste uitgespreek in woorde nie; dit word uitgespreek in die keuses wat jy maak. Oor 'n tydperk skep ons ons lewens en skep ons onself. Die proses eindig nooit nie. En, die keuses wat ons maak is uiteindelik ons eie verantwoordelikheid.
Binne elk van ons is 'n verborge stoor van energie. Energie wat ons kan gebruik om deel te neem aan die maraton van die lewe.
Binne elk van ons is 'n verborge stoor van moed en dapperheid. Dapperheid om ons die moed te gee om enige uitdaging te aanvaar.
Binne elk van ons is 'n verborge stoor van vasberadenheid. Vasberadenheid wat ons sal ondersteun wanneer alles hopeloos lyk.
Selfs die gelukkigste lewe is nie sonder 'n tiksel donkerte nie en die woord 'gelukkig' sal waardeloos wees as dit nie gebalanseer is deur treurigheid nie. Dit is veel beter om dinge te aanvaar soos dit kom met geduld en gelatenheid.
'Verander dit wat jy kan verander, aanvaar dit wat jy nie kan verander nie en verwyder jouself van dit wat onaanvaarbaar is.'
- Maree
.