Tuesday, 4 February 2014

My eie stukkie paradys


Dit verbaas my altyd hoe gelukkig my tuin my maak. Hoe belangrik dit vir my is...

Ek is gegrond hier, in my eie stukkie paradys.

 Jy sou lag as jy dit moet sien, dis gladnie 'n perfekte paradys nie! Inteendeel, heeltemal die teenoorgestelde. Dis 'n gebrekkige weergawe wat tyd en geduld nodig het om die skoonheid te sien. 'n Effense wilde, ongetemde weergawe wat my aan die wonder hou. 

Moeder Natuur verspil geen tyd om terug te neem wat hare is wanneer jou rug gedraai is nie. 

Vol geheime en kleinode, modder en bloeisel, dorings en varings. Vol lewe. Selfs in winter.

Maar noudat ek daaraan dink, dalk IS dit tog heeltemal perfek... 



::

5 comments:

  1. Iemand het eendag vir my gesê:" 'n Mens se tuin hoef net vir JOU mooi te wees!" Ek dink dis die belangrikste, jou eie asemskep-plekkie, jou tuiste, jou skadu's en jou sonkolle. Geniet jou tuin Maree! En dankie, nou het jy my sommer ook weer aangespoor om iets op 'n blog te skryf!

    ReplyDelete
  2. Dankie vir die bemoedigende woorde, dis so waar! Wat gee mens om wat ander mense dink? Dis MYNE! En nou sien ek uit na 'n nuwe blogsel van jou!

    ReplyDelete
  3. Ek dink altyd aan Helen Martins (van die Uilhuis) wat vir 20 jaar in haar huis en tuin uitgelewe het, sonder enige behoefte vir die wereld daar buite.

    Sy het dit met hakkiesdraad toegespan en die woorde "This is my world" daarop gevleg.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Wat 'n goeie idee Gert! Ek kan dit sommer more doen! En hoe het jy so diep in my siel gekyk en geweet ek self het ook geen behoefte aan die wereld daar buite nie? Ek is heel Gelukkig net hier tussen my plante en my hoenders! Dankie vir die inloer, waardeer dit.

      Delete
    2. Wat 'n goeie idee Gert! Ek kan dit sommer more doen! En hoe het jy so diep in my siel gekyk en geweet ek self het ook geen behoefte aan die wereld daar buite nie? Ek is heel Gelukkig net hier tussen my plante en my hoenders! Dankie vir die inloer, waardeer dit.

      Delete